Glasvesel

'n Bundel glasvesels

Glasvesel (of veselglas) is 'n materiaal wat bestaan uit uiters fyn vesels van glas wat vir sy fisiese eienskappe gebruik word, en op ander maniere as optiese vesel vervaardig word, wat egter ook uit dun vesels van glas bestaan.

Glasmakers het al eeue lank geëksperimenteer met glasvesel, maar die massavervaardiging van glasvesel is eers moontlik gemaak nadat fyn masjiengereedskap ontwikkel is. In 1893 het Edward Drummond Libbey 'n rok by die World's Columbian Exposition uitgestal wat gedeeltelik bestaan het uit glasvesels met die deursnee en tekstuur van sy. Glasvesel kan ook voorkom natuurlik, soos by die vulkaniese materiaal "Pele se hare".

Glaswol, wat ook as "veselglas" bekend staan, is in 1932-1933 deur Russell Games Slayter van Owens-Corning ontwikkel om gebruik te word as termiese isolasie vir geboue.[1] Dit word onder die handelsnaam Fiberglas bemark, wat 'n generiseerde handelsmerk geword het. By die vervaardiging van glasvesel wat as hitte-isolerende materiaal bestem is, word 'n bindingsagent gebruik om klein lugselle vas te vang, wat die lug-gevulde lae-digtheid "glas wol" familie van produkte kenmerk.

Glasvesel se meganiese eienskappe is min of meer vergelykbaar met ander vesels soos polimere en koolstofvesel. Hoewel dit nie so sterk of so rigied soos koolstof vesel is nie, is dit baie goedkoper en aansienlik minder bros wanneer dit in saamgestelde materiale gebruik word. Glasvesel word dus gebruik as 'n versterkingselement in baie polimeerprodukte, om 'n baie sterk en relatief liggewig vesel-versterkte polimeer saamgestelde materiaal te vorm wat glas versterkte plastiek (Engels "Glass Reinforced Plastic" - GRP), ook algemeen bekend as "veselglas". Hierdie materiaal bevat min of geen lug of gas nie, en is dus digter, en 'n swakker termiese isoleermiddel as glas wol.

  1. Slayter patent for glass wool. Application 1933, granted 1938.

Developed by StudentB