Gliasel | ||
Inligting en eksterne bronne | ||
’n Illustrasie van die vier soorte gliaselle wat in die sentrale senuweestelsel aangetref word: ependimale selle (ligpienk), astrosiete (groen), mikrogliaselle (donkerrooi) en oligodendrosiete (ligblou). | ||
Eksterne bronne | ||
MeSH | D009457 | |
FMA | 54536 54541, 54536 | |
Code | TH H2.00.06.2.00001 | |
TH | H2.00.06.2.00001 |
Gliaselle, neuroglia of net glia (van die Griekse woord γλία of γλοία, "gom"), is weefsel wat tussen neurone voorkom en homeostase handhaaf, miëlien vorm, en steun en beskerming verskaf aan neurone in die sentrale en die perifere senuweestelsel.[1] In die sentrale senuweestelsel sluit gliaselle in oligodendrosiete, astrosiete, ependimale selle en mikrogliaselle, en in die perifere senuweestelsel Scwann- en satellietselle.
Soos die Griekse naam aandui, is glia algemeen bekend as die gom in die senuweestelsel, maar dit is nie heeltemal korrek nie. Gliaselle is in 1856 ontdek deur die patoloog Rudolf Virchow in sy soeke na "verbindende weefsel" in die brein.[2] Daar word tans vier hooffunksies van die gliaselle erken:
Vir meer as ’n eeu is geglo gliaselle speel geen rol in senuoordraging nie. Sedert die 21ste eeu word egter erken hulle het ’n mate van invloed op sekere fisiologiese prosesse soos asemhaling[3][4] en hulpverlening aan die neurone om sinaptiese verbindings met mekaar te vorm.[5]