Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
GoPro | |
Tipe | Openbare maatskappy |
---|---|
Gestig | 2002 |
Hoofkantoor | San Mateo, Kalifornië, Verenigde State |
Sleutelpersone | Nick Woodman (hoof uitvoerende beampte) Tony Bates (president) |
Gebied bedien | Wêreldwyd |
Industrie | Tegnologie, Videografie, verbruikerselektronika |
Produkte | Aksiekameras, videoredigeringsagteware, Mobile aansoek |
Inkomste | VS$1,62 miljard (2015)1.62 billion (2015)[1] |
Bedryfsinkomste | VS$54,75 miljoen (2015)[1] |
Netto inkomste | VS$36,13 miljoen (2015)[1] |
Werknemers | 1 483 (2016) |
Dogter- maatskappye | CineForm Replay Splice |
Slagspreuk | Be a HERO. |
Webwerf | gopro.com |
GoPro, Inc.[2] (bemark as die GoPro, en soms gestileerd as GoPRO) is 'n Amerikaanse tegnologiemaatskappy wat in 2002 deur Nick Woodman gestig is. Dit vervaardig gelyknamige aksiekameras en ontwikkel ook sy eie mobiele toepassings en videoredigeringsagteware.
Die maatskappy is oorspronklik as Woodman Labs, Inc gestig, maar het later sy eie lyn van aksiekameras ontwikkel, en uiteindelik ook videoredigeringsagteware. Dit het ook 'n kwadkopterhommeltuig ontwikkel wat in Oktober 2016 vrygestel is.
Woodman het aanvanklik 'n gedeelte van sy kapitaal bekom deur die verkoop van krale en skulpgordels vir onder $20 uit sy VW-paneelwa[3] en later, mode kamerabande. Hy het ook meer as $230 000 in beleggings van sy ouers ontvang.[4][5]
In 2004 het die maatskappy sy eerste kamerastelsel verkoop, wat 35 mm film gebruik het.[6] Digitale videokameras is later vrygestel. Teen 2014 was 'n vastelens HD-videokamera met 'n 170°-wyehoeklens beskikbaar; twee of meer kameras kan ingespan word om saam 360-grade video te skep.[6][7]
Op 4 Junie 2014 het die maatskappy aangekondig dat die voormalige uitvoerende bestuurder van Microsoft, Tony Bates, as president aangestel is en direk aan Woodman sal rapporteer.[8]
In Januarie 2016 het GoPro met Periscope saamgespan vir lewendige beeldafvoer.[9]
Nadat die aantal werknemers tot meer as 500 gegroei het in 2015, het die maatskappy op swak verkope in die vierde kwartaal gereageer deur die aflegging van sowat 100, of 7% van sy arbeidsmag, in Januarie 2016.[10]