| |||||
| |||||
Goryeo in 1389 | |||||
Hoofstad | Hanyang (nou Seoel) 37°33′N 126°59′O / 37.550°N 126.983°O | ||||
Taal/Tale | Koreaans | ||||
Godsdiens | Boeddhisme (staatsgodsdiens) Konfusianisme Sjamanisme Taoïsme | ||||
Regering | Monargie | ||||
Koning | |||||
- 918–943 (eerste) | Taejo | ||||
- 1389–1392 (laaste) | Gongyang | ||||
Militêre diktator | |||||
- 1170–1174 (eerste) | Yi Ui-bang | ||||
- 1270 (laaste) | Im Yu-mu | ||||
Historiese tydperk | Middeleeue | ||||
- Kroning van Taejo | 25 Julie 918 | ||||
- Vereniging van die latere drie koninkryke van Korea | 936 | ||||
- Goryeo-Khitan-oorlog | 993–1019 | ||||
- Goryeo-Jurchen-oorlog | 1104–1109 | ||||
- Militêre diktatorskap | 1170–1270 | ||||
- Abdikasie van Gongyang | 12 Julie 1392 | ||||
Bevolking | |||||
- n.v.t.[1] skatting | 3 000 000–5 000 000 |
Goryeo (Koreaans: 고려; Koryŏ; [ko.ɾjʌ] Hanja: 高麗) was 'n Koreaanse staat wat in 918 gestig is, toe die latere drie koninkryke van Korea begin verenig is, en die Koreaanse Skiereiland tot en met die stigting van Joseon in 1392 beheer het.[2] Goryeo het behaal waarna Koreaanse geskiedkundiges as 'n "ware nasionale vereniging" verwys, aangesien dit nie net die latere drie koninkryke verenig het nie, maar ook die grootste deel van die noordelike Koninkryk Balhae se heersersklas geïntegreer het, wat sy oorsprong in Goguryeo van die vroeër drie koninkryke van Korea gehad het.[3][4] Volgens Koreaanse historici is gedurende die Goryeo-tydperk die aparte identiteite van Goguryeo, Baekje en Silla suksesvol saamgesmelt in 'n gesamentlik entiteit wat die grondslag van die huidige Koreaanse identiteit vorm.[5][6] Die naam "Korea" is afgelei van die naam Goryeo, ook geromaniseer as Koryŏ, wat in die vroeë 5de eeu in Goguryeo gebruik is;[5] Goryeo was 'n opvolgerstaat van die latere Goguryeo en Goguryeo.[7][8][9][10]