| |||||
Nasionale leuse: Ελευθερία ή Θάνατος Eleftheria i Thanatos (Grieks vir: "Vryheid of Dood") | |||||
Volkslied: Ὕμνος εἰς τὴν Ἐλευθερίαν Ymnos is tin Eleftherian (Grieks vir: "Volkslied van Vryheid") | |||||
Hoofstad | Athene | ||||
Grootste stad | Athene | ||||
Amptelike tale | Grieks | ||||
Regering | Unitêre parlementêre grondwetlike republiek Katerina Sakellaropoulou Kyriakos Mitsotakis | ||||
Onafhanklikheid • Griekse Onafhanklikheidsoorlog
• Verklaar • Erken • Derde Helleense Republiek • Huidige grondwet |
van die Ottomaanse Ryk 25 Maart 1821 15 Januarie 1822 3 Februarie 1830 24 Julie 1974 11 Junie 1975 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
131 957[1] km2 (95ste) 50 949 myl2 1,51 (2015)[2] | ||||
Bevolking - 2017-skatting - 2022-sensus - Digtheid |
10 768 477 (80ste) 10 482 487[3] 79,1[4] / km2 (133ste) 204,9 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
MOI (2021) | 0,887[6] (33ste) – baie hoog | ||||
Gini (2020) | 33,6[7](60ste) – medium | ||||
Geldeenheid | Euro (€) (EUR )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
OET (UTC+2) OEST (UTC+3) | ||||
Internet-TLD | .gr | ||||
Skakelkode | +30 |
Griekeland (Grieks: Ελλάδα = Elláda), amptelik die Helleense Republiek (Ελληνική Δημοκρατία, Ellinikí Dimokratía), is 'n republiek in Suidoos-Europa, bestaande uit die suidelikste deel van die Balkanskiereiland en 'n groot aantal eilande. Hierdie eilande vorm saam ongeveer 'n vyfde van die totale landoppervlakte van Griekeland.
Griekeland word dikwels as 'n land van berge en die see beskryf. Geen plek is verder as 80 kilometer vanaf die kus geleë nie, en dit is langs die kuslyn waar die meeste groot nedersettings ontstaan het. Sowat 'n derde van die Griekse bevolking is in Groter Athene saamgetrek, 'n uitgestrekte metropolitaanse gebied wat uit die hoofstad en sy seehawe Piraeus bestaan. Ook Thessaloniki, die tweede grootste stad, is 'n belangrike seehawe vir sowel Noord-Griekeland asook die suidelike Balkanskiereiland. 'n Derde van die Griekse bevolking woon in kleiner landelike nedersettings.
Die natuurskoon van Griekeland kontrasteer met die swak grond wat landbouaktiwiteite beperk. Tradisioneel het baie Grieke 'n bestaan van vissery gemaak, en vis was al 'n belangrike stapelvoedsel vir die bewoners van antieke Griekse stadstate. Seevaart was ewe belangrik. In die bloeitydperk van klassieke Griekeland, vanaf 1000 v.C., het Griekse setlaars 'n groot aantal kolonies langs die kuste van die Middellandse See en die Swartsee gestig.
Vir 'n kort tydperk het die Makedoniese heerser Alexander die Grote in die 4de eeu v.C. selfs 'n Griekse ryk gestig wat vanuit die Donaurivier na die huidige Turkye en die Midde-Ooste en verder ooswaarts na die Indiese Indus-vallei gestrek het.
Daarnaas het die antieke Grieke belangrike bydraes tot die westerse filosofie, beeldhoukuns, argitektuur en literatuur gelewer. Die Griekse stadstate word as die bakermat van die westerse beskawing en sy demokratiese regeringstelsel beskou.