Grieks ελληνικά elliniká | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [eliniˈka] | |
Gepraat in: | Griekeland Siprus Turkye Italië Albanië Noord-Masedonië Roemenië Egipte Frankryk Oekraïne | |
Gebied: | Suid-Europa | |
Totale sprekers: | 13,1 miljoen[1] | |
Rang: | 111 | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Helleens Grieks | |
Skrifstelsel: | Griekse alfabet; in die verlede: Lineêr B, Sipriese lettergreepskrif | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Europese Unie Griekeland Siprus | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | el | |
ISO 639-2: | gre (B)T ell (T) | |
ISO 639-3: | ell | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Die Griekse taal (ελληνικά, elliniká, [eliniˈka], letterlik: "Helleens" of ελληνική γλώσσα, ellinikí glóssa, [eliniˈci ˈɣlosa], Indo-Europese taal wat bestaan vanaf ongeveer die 14de eeu v.C. in die Kretiese inskrywings genaamd Linear B. Miceense Grieks van hierdie periode word onderskei van latere Klassieke of Antieke Grieks vanaf die 8ste eeu v.C. en later, toe tekste in die Griekse alfabet begin skryf is.
, letterlik: "Helleense taal") is 'nModerne Grieks is 'n lewende taal en een van die rykste oorblywende tale vandag, met meer as 600 000 woorde. Sekere vakkundiges plaas baie klem op die ooreenkomste met millennia-oue Griekse tale. Die onderlinge verstaanbaarheid met antieke Grieks is 'n saak van debat: Daar word aangevoer dat 'n "redelik goedgeleerde" spreker van die moderne taal die antieke dialekte sal kan lees, maar dit is nie duidelik gemaak hoeveel van hierdie opvoeding bestaan uit blootstelling tot woordeskat en grammatika wat verouderd in normale kommunikasie is nie. Grieks vanuit die Hellenistiese en Bisantynse tye is merkbaar nader aan Moderne Grieks. Vanaf 1834 tot 1976 is daar 'n poging aangewend om Καθαρεύουσα (Katharevousa, [kaTa'revus], "gereinigde taal", 'n poging om eeue-oue natuurlike linguistieke verandering aan 'n taal te korrigeer) as die enigste aanvaarbare vorm van Grieks in Griekeland te maak. Ná 1976 is Δημοτική (Dhimotiki, [Dimoti'ci], "taal van die mense") uiteindelik deur die Griekse regering aanvaar as beide die de facto en de jure vorme van die taal. 'n Groot hoeveelheid woorde en uitdrukkings bly onveranderd deur die eeue behoue, en word gevind in 'n aantal ander tale, insluitend Latyn, Nederlands, Italiaans, Duits, Frans, Engels en Afrikaans. Tipiese voorbeelde hiervan sluit meeste terminologiename in, soos astronomie, demokrasie, filosofie, antropologie ens.