| |||||
Volkslied: Nunarput, utoqqarsuanngoravit (Groenlands vir: "Jy ons ou Land") Nuna asiilasooq (Groenlands vir: "Die land van groot lengte") | |||||
Hoofstad | Nuuk (Godthåb) | ||||
Grootste stad | Nuuk | ||||
Amptelike tale | Groenlands | ||||
Regering | Parlementêre demokrasie binne ’n grondwetlike monargie Frederik X Julie Præst Wilche Múte Bourup Egede | ||||
Onafhanklikheid Outonomiteit binne die
• Noorse heerskappy • Kontak herstel • Afgestaan aan Denemarke • Amptelike status • Tuisregering • Verdere outonomie en selfbestuur |
Koninkryk van Denemarke 1261 1721 14 Januarie 1814 5 Junie 1953 1 Mei 1979 21 Junie 2009[1] | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
2 166 086 km2 (12de) 836 330 myl2 83,1 | ||||
Bevolking - 2022-skatting - Digtheid |
56 725[2] (210de) 0,028 / km2 (244ste) 0,069 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2011-skatting $1,8 miljard[3] | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2020-skatting DKK 20,1 miljard[4] | ||||
MOI (2010) | 0,786[7] (61ste) – baie hoog | ||||
Gini (2015) | 33,9[8](61ste) – hoog | ||||
Geldeenheid | Deense kroon (DKK )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
(UTC±0 tot -4) (UTC±0 tot -4) | ||||
Internet-TLD | .gl | ||||
Skakelkode | +299 |
Groenland (Groenlands: Kalaallit Nunaat, [kaˈlaːɬit ˈnunaːt]; Deens: Grønland, [ˈɡ̊ʁɶnˌlanˀ]) is 'n eilandstaat in die noordelike Atlantiese Oseaan, noordoos van Kanada en noordwes van Ysland. Met 'n oppervlakte van 2 166 086 km² is dit die grootste eiland ter wêreld. Groenland maak deel uit van die Koninkryk van Denemarke. Dit het sedert 1979 'n onafhanklike posisie ten opsigte van Denemarke (status aparte) en behoort sedert 1985 nie meer aan die Europese Unie nie. Die hoofstad en grootste stad is Nuuk (Deens: Godthåb).
Groenland behoort geografies tot Noord-Amerika en geologies gesien tot die Kanadese plaat. 80% van die land is bedek met 'n yslaag van tot 3 km dik. Slegs die kusstrook van 15–150 km breed, veral in die suide en weste, is bewoonbaar, as gevolg van die invloed van die Golfstroom. Die kus is ingekerf met enorme fjorde en gletsers, waarvan ysberge afbreek. Groenland het 'n poolklimaat.
Groenland strek vanaf die Arktiese Oseaan in die noorde tot by die Atlantiese Oseaan in die suide en word deur die Lincolnsee in die noordweste, die Wandelsee in die noordooste, die Groenlandsee in die ooste, die Straat van Denemarke in die suidooste, die Labradorsee in die suide, die Davis-straat in die suidweste, die Baffinbaai in die weste en die Nares-straat in die noordweste begrens. Wes van Groenland is die Kanadese Arktiese Argipel met groot eilande soos Baffin-eiland, Devon-eiland en Ellesmere-eiland (van noord na suid), suidwes is die Kanadese Labrador-skiereiland, in die suide die Atlantiese Oseaan, in die suidooste is Ysland, in die ooste die Noorde eiland Jan Mayen en in die noordooste die Noorse eilandgroep Svalbard geleë.
Die oorspronklike inwoners, die Inuïete (ook eskimo's genoem), is vanouds nomade. Hulle vorm egter slegs 'n klein groep. Verreweg die meeste inwoners leef in die suidweste en is Groenlanders, 'n vermenging van Dene en Inuïete. Hulle praat Groenlands, wat 'n dialek is van die Inuïete. Deens en Inuit is die amptelike tale. 'n Derde groep inwoners bestaan uit Europeërs, veral Dene. Soldate van die Verenigde State is in die Thulebasis gestasioneer en die noordelikste weermagbasis van die Deense Weermag is in Nord geleë.
Die Groenlandse ekonomie steun hoofsaaklik op vissery, jag, skaapboerdery en mynbou. Groenland voer onder andere pelse en mynbouprodukte soos krioliet, kwarts, glimmer, lood, sink en ystererts uit. Dit het in die verlede ook walvisprodukte uitgevoer.
Die belangrikste geloof is, soos in Denemarke, Lutheranisme. Die Christendom is in ongeveer die eerste millennium n.C. deur die Deense kolonis Leif Erikson ingevoer.