Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Guillemets [gijˈmɛ], ook Guillemets français genoem, is aanhalingstekens wat uit twee gelykvormige spitshoek-strepies bestaan en tipografies in onderkas gebruik word. Daarnaas is ook 'n variant gebruiklik wat uit een enkele spitshoek-strepie bestaan. Guillemets, wat na binne wys, word ook omgekeerde Franse aanhalingstekens of chevrons (in die Duitse omgangstaal ook Möwchen of "meeutjies") genoem.
Vir gedrukte Duitse publikasies is chevrons 'n gewilde alternatief omdat hulle aan teks 'n meer elegante voorkoms gee as die gewone Duitse „aanhalingstekens” waarvan 'n “variant” ook in Afrikaans gebruiklik is. Maar ook die oorspronklike Franse guillemets is gewild by boekdrukkers.