Hades | |
---|---|
Griekse god | |
Naam | Hades |
God van | Die onderwêreld en van rykdom |
Blyplek | Onderwêreld |
Simbool | Kerberos, helm van duisternis, helm van onsigbaarheid, sipres, Narcissus, die sleutel van Hades |
Vrou | Persefone |
Ouers | Kronos en Rea |
Broers, susters | Zeus, Poseidon, Demeter, Hestia, Hera |
Kinders | |
Romeinse eweknie | Pluto |
Hades (Grieks: ᾍδης Hádēs; Ἅιδης Háidēs) – die onsigbare – was in die Griekse mitologie die antieke onderwêreld asook die god wat daaroor geheers het. Hy is die oudste seun van Kronos en Rea.
Volgens die mite het hy en sy broers Zeus en Poseidon die Titane in die Titanestryd verslaan en die heerskappy van die heelal onder hulle verdeel: Hades het die onderwêreld gekry, Zeus die lug en Poseidon die see. Hoewel hy oor die dooies regeer het, was Tanatos, en nie Hades nie, die Dood self.