Die Hemelstamme (Chinees: 天干, tiāngān, of 十干, shígān; Japannees: jikkan, "10 Stamme") is onderdele van die Chinese kalender. Elk van die 10 Hemelstamme word aan ’n jaar toegeken. Saam met die 12 Aardtakke (Chinees: 地支, dìzhī) vorm hulle die 60-jaarsiklus van die Chinese kalender.
10 Hemelstamme | ||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Chinese karakter | Jin/jang | Element | ||||||||||
1 | 甲 jiǎ | Jang | Hout (木, mù) | |||||||||
2 | 乙 yǐ | Jin | ||||||||||
3 | 丙 bǐng | Jang | Vuur (火, huŏ) | |||||||||
4 | 丁 dīng | Jin | ||||||||||
5 | 戊 wù | Jang | Aarde (土, tŭ) | |||||||||
6 | 己 jǐ | Jin | ||||||||||
7 | 庚 gēng | Jang | Metaal (金, jīn) | |||||||||
8 | 辛 xīn | Jin | ||||||||||
9 | 壬 rén | Jang | Water (水, shuĭ) | |||||||||
10 | 癸 guǐ | Jin |
In Chinees word die Hemelstamme vandag soms in die plek van die alfabet gebruik om dinge te nommer, byvoorbeeld in die geneeskunde (hepatitis A: 甲型肝炎, jiǎxíng gānyán; hepatitis B: 乙型肝炎, yǐxíng gānyán, hepatitis C: 丙型肝炎, bǐngxíng gānyán; en selde ook vir bloedgroepe en vitamiene A, B, C, D, E en K). Dit word ook gebruik vir skoolgrade, sportligas (Reeks A: 意甲, yìjiǎ), vraestelle of om dialoog in kort tekste aan te dui (甲 praat, 乙 antwoord). Dit word ook in akupunktuur gebruik.[1]