Hestia | |
---|---|
Griekse godin | |
Hestia in O. Seyffert, Dictionary of Classical Antiquities, 1894.
| |
Naam | Hestia |
Godin van | Die vuurherd |
Blyplek | Die berg Olimpus; Delfi |
Simbool | Vuurherd, vark |
Ouers | Kronos en Rea |
Broers, susters | Demeter, Poseidon, Hades, Hera, Zeus |
Romeinse eweknie | Vesta |
Hestia (Grieks: Ἑστία) is in die Griekse mitologie die dogter van Kronos en Rea en die godin van die vuurherd, huislikheid, argitektuur en die familie wat die eerste deel van die offerande in elke huishouding gekry het.
Met die stigting van ’n nuwe nedersetting is ’n vlam van Hestia se openbare vuurherd in die moederstad daarheen gedra. Sy het op ’n eenvoudige houttroon met ’n wit kussing gesit en nie die moeite gedoen om vir haaself ’n simbool te kies nie.[1]