Hezbollah | |
Hezbollah-vegters
| |
Gestig | 1985 (amptelik) |
---|---|
Ideologie | Sjiïtiese Islam Teen-imperialisme[1][2][3] Teen die Weste[4][5][6][7] Teen-Sionisme Teen-Wahabities |
Amptelike kleure | Geel, groen |
Webblad | http://www.moqawama.org/ |
Hezbollah (Arabies: حزب الله, baie keer ook Hizbullah, Hizb-Allah of Hisbollah geskryf, letterlik "Party van God/Allah") is 'n Islamitiese Libanese Organisasie. Dit het in 1982 ontstaan deur die samesmelting van verskeie Sjiïtiese groepe om teen die Israeliese Inval in Libanon te veg. Dit word blykbaar finansieel en ideologies deur Iran ondersteun.
In Libanon is dit enersyds 'n politieke party wat sedert 1992 ook in die parlement verteenwoordig word. Tans het hulle 15 van die 128 parlementslede.[8] Die minister van energiesake in die huidige Libanese Regering is lid van die party. Aan die anderkant beskik dit egter ook oor paramilitêre eenhede wat veral in die suide van die land onafhanklik van staatsbeheer optree. Hezbollah streef ook sosiaal-politieke doelstellings soos gesondheid, opvoeding en media na. Hezbollah was deur Hassan Nasrallah gelei tot met dy dood op 27 September 2024 in 'n lugaanval.[9][10]
Die Verenigde State en 'n paar ander lande beskou Hezbollah as 'n Terroriste organisasie.