Higgsboson | ||
Die Higgsboson se plek in die Standaardmodel (heel regs). | ||
Samestelling | Elementêre deeltjie | |
Statistiek | Bosonies | |
Simbool | H0 | |
Geteoretiseer | R. Brout, F. Englert, P. Higgs, G.S. Guralnik, C.R. Hagen, T.W.B. Kibble (1964) | |
Ontdek | Groot Hadronversneller (2011-2013) | |
Massa | 125,09 ±0,21 (stat.) ±0,11 (sist.) GeV/c2 (CMS+ATLAS)[1] | |
Gem. leeftyd | 1,56×10−22 s (voorspel) | |
Verval in | ||
Elektriese lading | 0 e | |
Kleurlading | 0 | |
Spin | 0[4][5] | |
Swak isospin | −12 | |
Swak hiperlading | +1 | |
Pariteit | +1[4][5] |
Die Higgsboson of Higgsdeeltjie is in deeltjiefisika ’n hipotetiese elementêre deeltjie wat saam met die Higgsveld massa aan ander deeltjies verleen en waarsonder die heelal geen massa sou gehad het nie.
Die boson word soms ook die "God-deeltjie" genoem na aanleiding van die titel van ’n boek deur die Nobelprys-wenner Leon Lederman, The God Particle: If the Universe Is the Answer, What Is the Question? (1993), waarin die skrywer onder meer beweer dat die ontdekking van die deeltjie noodsaaklik is om die struktuur van materie finaal te verstaan. Wetenskaplikes hou egter nie van dié term nie.[6]
Die bestaan van die Higgsboson is op 14 Maart 2013 tentatief deur die Europese Organisasie vir Kernnavorsing (CERN) bevestig.
<ref>
tag; no text was provided for refs named CERN March 2013