Hindi हिन्दी Hindī मानक हिन्दी Mānak Hindī | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [ˈɦin̪d̪iː] | |
Gepraat in: | Fidji Indië Pakistan Suid-Afrika[1] | |
Gebied: | Suid-Asië | |
Totale sprekers: | 322 miljoen (moedertaal) 270 miljoen (tweede taal)[2] | |
Rang: | 3/4 | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Indo-Irannees Indo-Aries Sentrale sone Westelike Hindi Hindoestani Hindi | |
Skrifstelsel: | Devanagari | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Indië[4] | |
Gereguleer deur: | Central Hindi Directorate[3] | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | hi | |
ISO 639-2: | hin | |
ISO 639-3: | hin | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Hindi (हिन्दी, Hindī, [ˈɦin̪d̪iː], [5] is 'n Indo-Ariese taal wat deur sowat 592 miljoen mense in Indië en Pakistan gepraat word. Die oorsprong lê beide in Sanskrit en in Perso-Arabies. Die grammatika stam veral uit Sanskrit en die woordeskat is gemeng.
), of meer presies Moderne Standaard-Hindi (मानक हिन्दी Mānak Hindī),Hindi word dikwels as 'n gestandaardiseerde en gesanskritiseerde register[4] van Hindoestani beskou, en is veral op die Khariboli-dialek van Delhi en aangrensende gebiede in Noord-Indië gebaseer.[6][7][8] Hindi, geskryf met Devanagari, is saam met Engels een van die twee ampstale van die Indiese regering.[4] Daarbenewens dien dit in tien deelstate en drie uniegebiede as 'n amptelike taal.[9][10][11][12] Hindi is een van die 22 geskeduleerde tale vir amptelike gebruik in die Republiek Indië.[13]
Hindi is die lingua franca van die "Hindi-gordel" en in 'n minder mate in ander dele van Indië (gewoonlik in 'n vereenvoudigde of pidginiseerde variëteit soos Bazaar Hindustani of Haflong Hindi).[9][14] Buite Indië word 'n aantal ander tale amptelik as "Hindi" erken, maar dit verwys nie na die gestandaardiseerde Hindi van Indië nie, en hierdie tale is van ander dialekte, soos Awadhi en Bhojpuri, afkomstig. Van hierdie tale sluit in Fidjiaanse Hindi, een van Fidji se amptelike tale,[15] en Karibiese Hindi wat in Trinidad en Tobago, Guyana en Suriname gebesig word.[16][17][18][19] Onafhanklik van die skrif en formele woordeskat is die gestandaardiseerde Hindi onderling verstaanbaar met die gestandaardiseerde Oerdoe, 'n ander erkende register van Hindoestani, aangesien albei tale 'n gemeensame oorsprong het.[20] In die destydse Brits-Indië het Hindoestani as ampstaal gedien, maar met die Verdeling van Indië word meer en meer 'n verskil tussen Hindi en Oerdoe beklemtoon, veral uit politieke redes.
As 'n taalkundige eenheid is Hindi die vierde mees gebroke taal wêreldwyd, ná Mandaryns, Spaans en Engels.[21] Indien Hindi saam met Oerdoe as Hindoestani gegroepeer word, is dit die derde mees gebruikte taal wêreldwyd, ná Mandaryns en Engels.[22][23]