Hirohito | |
---|---|
Keiser van Japan | |
Keiser Hirohito in 1935 | |
Dinastie | Keiserlike Huis van Japan |
Bewind | 25 Desember 1926 – 7 Januarie 1989 |
Kroning | 10 November 1928 |
Volle naam | Hirohito (裕仁) |
Gebore | 29 April 1901 |
Tokio, Japan | |
Gesterf | 7 Januarie 1989 (op 87) |
Tokio, Japan | |
Begrawe | 24 Februarie 1989 |
Hachiōji, Japan | |
Voorganger | Keiser Taishō |
Erfgenaam | Keiser Kinjō |
Opvolger | Keiser Kinjō |
Gade | Keiserin Kōjun (1924–1989; sy dood) |
Kinders | Shigeko Teru Sachiko Hisa Kazuko Taka Atsuko Yori Prins Akihito Tsugu Prins Masahito Yoshi Takako Suga |
Vader | Keiser Taishō |
Moeder | Keiserin Teimei |
Hirohito (裕仁; gebore 29 April 1901 – 7 Januarie 1989) was van 1926 tot 1989 die 124ste Keiser van Japan volgens Japan se tradisionele opvolgingsorde.[1] Soos in Japan gebruiklik is hy tydens sy bewind nie by sy geboortenaam Hirohito genoem nie, maar "keiserlike majesteit" (天皇陛下, tennō heika) of "Sy huidige majesteit" (今上陛下, kinjō heika). Sy postume naam is Keiser Shōwa (昭和天皇, Shōwa-tennō), sy regeringstyd staan darem as Shōwa-tydperk (昭和時代, Shōwa jidai, "tydperk van verligte vrede") bekend. Tydens sy bewind het die Japannese Keiserryk saam met Nazi-Duitsland en Italië teen veral die Republiek China, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State tydens die Tweede Wêreldoorlog geveg.