In fisika is die hoekmomentum die rotasie ekwivalent van lineêre momentum. Dit kan meer spesifiek beskryf word as die moment van lineêre momentum. Die hoekmomentum van 'n voorwerp bly konstant indien daar geen eksterne moment (wringkrag) toegepas word nie.