Huisgenoot

Huisgenoot

Redakteur Yvonne Beyers
Redaksielede Almari Wessels, Cyril Blackburn, Lara Atson, Charlea Sieberhagen-Grey, Hugo Loubser, Deon Lamprecht, Johannes de Villiers, Suzaan Hall e.a.
Kategorieë Algemene belang; gesinstydskrif
Frekwensie Weekliks
Uitgewer Media24
Totale Oplaag 140 279 (ABC, 1e kwartaal 2021)
Jaar gestig 1916
Eerste uitgawe 20 Mei 1916
Land Suid-Afrika
Taal Afrikaans
Webwerf www.huisgenoot.com

Huisgenoot is 'n weeklikse Afrikaanse gesinstydskrif. Dit het lank die hoogste sirkulasiesyfers van alle betaalde Suid-Afrikaanse tydskrifte gehad,[1] en is steeds die beste verkoper onder Afrikaanse tydskrifte. Sy susterstydskrif YOU, die Engelstalige weergawe, is ook onder die toptydskrifte. Nog 'n voormalige susterstydskrif, Drum, was op die swart mark gerig. Daar word geskat dat meer as twee miljoen mense weekliks Huisgenoot lees. Huisgenoot word deur Media24, 'n filiaalmaatskappy van Naspers, uitgegee en die inhoud bestaan uit 'n mengsel van ware drama, glansonderwerpe, mode en verbruikersake sowel as resepte, blokkiesraaisels, tuisprojekte en sport. Dit het ook 'n kinder- en tienerafdeling en elke week minstens een kortverhaal of ’n vervolgverhaal.

  1. The biggest circulating consumer magazines in SA, marklives.com, URL besoek op 20/05/2014

Developed by StudentB