Die Hunne was 'n groep landelike nomade wat, na hul verskyning oorkant die Wolga, omstreeks 370 v.C. na Europa getrek het, en 'n enorme ryk in Europa opgebou het. Sedert De Guignes hulle met die Xiongnu verbind het, wat naamlik die noordelike bure van China was driehonderd jaar tevore,[1] is aansienlike geleerde ondersoeke na sodanige verband geloods. Daar bestaan egter steeds geen getuienis vir 'n direkte verband tussen die Xiongnu en die Hunne nie.[2] Die verwantskappe van die taal van die Hunne was eeuelank die onderwerp van debat. Die toonaangewende huidige teorie voer aan dat dit 'n Turkse taal was.[3][4][5][6] Verskeie ander tale was egter binne die Hunse pax in gebruik, insluitend Oos-Germaans.[7] Die Hunne se militêre tegniek het hoofsaaklik bestaan uit berede boogskuttery.
Die Hunne mog die stimulus wees vir die Groot migrasie, 'n bydraende faktor tot die ineenstorting van die Romeinse ryk.[8] Hulle het 'n verenigde ryk gevorm onder Attila die Hun, wat in 453 n.C. gesterf het; hulle ryk het verbrokkel in die daaropvolgende jaar. Hulle afstammelinge, of opvolgers met verwante name, is opgeteken in aanliggende bevolkings na die suide, ooste en weste, as besetters van dele van Oos-Europa en Sentraal-Asië, ongeveer van die 4de eeu tot die 6de eeu n.C. Wisselvorme van die Hunse naam is in die Kaukasus aangeteken tot die 8ste eeu.