Subklas van | aktiwiteit |
---|---|
Onderdeel van | primitiewe stamgemeenskap |
Opgevolg deur | slagting, Eet |
Begindatum | 1800000 years BCE, 200000 years BCE |
Deelnemer | dier, dier |
Bestudeer deur | jagmanskap, bosbou wetenskap |
Beskermheilige | Saint Giles, Saint Eustace, Hubertus |
Beoefen deur | jagter |
Gebruike | jagwapen, diere vang |
Jag verwys na die aktiwiteit waarin diere gesoek en uiteindelik doodgemaak word. Die rede waarom hierdie aktiwiteit geskied is óf 'n behoefte na kos, óf vir sport, óf om dieregetalle te beheer. Diere wat só gejag word deur mense, word gewoonlik wild genoem.
In die oertyd was jag vir die mens lewensbelangrik omdat dit naas die versamel van veldkos, die enigste manier was om voedsel te bekom. Met verloop van tyd, en veral sedert die Middeleeue, het hierdie manier van voedselverkryging stadig begin verdwyn en het jag grotendeels 'n sportsoort geword. Aanvanklik het slegs die adel ter wille van ontspanning gejag en vir dié doel alle jagregte vir hulself voorbehou. Tans word jag in feitlik alle lande deur die owerhede beheer, wat poog om die aantal jagters en die wildstapel deur middel van lisensies en jagregulasies te beheer.
Tog is daar steeds volke wie se bestaan hoofsaaklik van jag en veldkos afhanklik is. Hierdie volke bewoon die onherbergsaamste gebiede van die wêreld en daarom bestaan daar geen noukeurige gegewens oor hulle lewenswyse nie. Jag het in Suid-Afrika net soos in ander lande deur 'n aantal fases gegaan. Aanvanklik het die inboorlinge met primitiewe wapens en die Blanke setlaars met gewere ter wille van voedsel en veiligheid gejag. Die nuus van die land se wildrykdom het oorsese jagters egter na die land laat stroom, en die verbetering in vuurwapens het die Boere ook meer laat jag as wat nodig was. Wildbewaringswette het reeds in die middel van die 19e eeu nodig geword, en Suid-Afrika se wildstapel word vandag met 'n aantal streng regulasies van owerheidsweë beskerm.