Koninklike Nederlandse Voetbalbond | |
---|---|
'n Bus met die KNVB se kenteken daarop
| |
Nederlandse naam | Koninklijke Nederlandse Voetbalbond |
Afkorting | KNVB |
Land | Nederland |
Sportsoorte | Sokker |
Gestig op | 8 Desember 1889 |
Lid van | FIFA |
Aangesluit in | 1904 |
Vastelandse beheerliggaam | UEFA |
President | Just Spee |
Setel | Zeist, Nederland |
Amptelike taal | Nederlands |
Amptelike webwerf | knvb.nl |
Die KNVB (Nederlands: Koninklijke Nederlandse Voetbalbond, [ˌkoːnɪŋkləkə ˌneːdərlɑntsə ˈvudbɑlbɔnt]; Koninklike Nederlandse Voetbalbond) is die Nederlandse sokkerbond. Die KNVB is op 8 Desember 1889 gestig en organiseer die hoofsokkerligas in Nederland, insluitende die Eredivisie, Eerste divisie en amateursokker, maar ook die Nederlandse nasionale sokkerspan.