Die kakaoboom (Theobroma cacao), wat aan die familieMalvaceae behoort, is immergroen en inheems aan die noordelike deel van Suid-Amerika. Brasilië was die grootste produsent in die Nuwe Wêreld. Die grootste deel van die wêreldproduksie kom egter uit die tropiese gebiede van Wes-Afrika, veral Ghana.
Wat die verspreiding betref, is dit eienaardig dat kakao en koffie (Coffea arabica) plekke geruil het. Koffie is inheems aan Afrika, maar tans word meer koffie in Suid-Amerika as in enige ander wêrelddeel verbou.
↑"Genus Theobroma". The Plant List, version 1, Royal Botanic Gardens, Kew and Missouri Botanical Garden. 1 Desember 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Oktober 2019. Besoek op 19 Augustus 2018.