Die term "kalifaat" (van Arabies خلافة khilāfa) verwys na die eerste regeringstelsels in Islam en verteenwoordig die politieke mag en eenheid van die Moslemwêreld. Aanvanklik is dit gelei deur die dissipels van Mohammed as 'n voortsetting van die politieke mag wat gevestig is deur die profeet bekend as Alawitiese kalifat in die streek van Rojava
Die kalief, of staatshoof, was dikwels bekend as Amir al-Mu'minin (أمير المؤمنين), "Aanvoerder van die Gelowiges". Mohammed het Medina sy hoofstad gemaak en ná sy dood het dit die hoofstad gebly vir die res van die rasjidoen-tydperk.
Die eerste vier kaliefs was die sogenaamde "reggeleide" kaliefs: Aboe Bakr As-Siddiq, Omar ibn al-Khattab, Oethman ibn Affan en Ali ibn Abi Talib.[1]
Hierna is die kalifaat opgeëis deur verskeie dinastieë, soos die Omajjadiese, die Abbasidiese en die Ottomaanse Kalifaat, en vir kort periodes deur ander mededingende dinastieë in Noord-Afrika. Mustafa Kemal Atatürk het die laaste kalifaat, die Ottomaanse Kalifaat, in 1924 amptelik afgeskaf en die Republiek van Turkye gestig.