| |||||
Nasionale leuse: A Mari Usque Ad Mare[1] (Latyn vir: "Van see tot see") | |||||
Volkslied: O Canada / Ô Canada[2] Koninklike volkslied: God Save the King[3] (Engels vir: "God beskerm die koning") (Frans: "Que Dieu protège le Roi") | |||||
Hoofstad | Ottawa | ||||
Grootste stad | Toronto | ||||
Amptelike tale | Engels en Frans1 | ||||
Regering | Federale parlementêre grondwetlike monargie[4] Charles III Mary Simon Justin Trudeau | ||||
Onafhanklikheid | van die Verenigde Koninkryk 1 Julie 1867 11 Desember 1931 17 April 1982 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
9 984 670 km2 (2de) 3 855 100 myl2 11,76 (2015)[5] | ||||
Bevolking - 2022-skatting - 2021-sensus - Digtheid |
38 654 738[6] (37ste) 36 991 981[7] 4,2 / km2 (185ste) 10,9 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2022-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2022-skatting | ||||
MOI (2021) | 0,936[9] (15de) – baie hoog | ||||
Gini (2017) | 33,3[10](20ste) – medium | ||||
Geldeenheid | Dollar ($) (CAD )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
(UTC-3,5 tot -8) (UTC-2,5 tot -7) | ||||
Internet-TLD | .ca | ||||
Skakelkode | +1 | ||||
1. Chipewyan, Cree, Gwich’in, Inuinnaqtun, Inuktitut, Inuvialuktun, Slavey (Noord- en Suid-) en Tłįchǫ word sedert 2004 as streekstale erken. |
Kanada (Engels: Canada, ['kænədə], en Frans: Canada, [kana'da], ), histories die Dominium Kanada, is die mees noordelike land in Noord-Amerika asook die wêreld, met 'n oppervlakte van 9 984 670 km² en 'n bevolking van sowat 38 miljoen (soos in die eerste kwartaal 2021). Dit is 'n gedesentraliseerde federasie van 10 provinsies en 3 gebiede wat as 'n federale parlementêre demokrasie en grondwetlike monargie geregeer word. Die huidige konfederasie het sy oorsprong in die Dominion of Canada wat op 1 Julie 1867 as selfregerende gebied binne die destydse Britse Ryk gestig is.
Kanada se hoofstad is Ottawa – dit is die setel van die land se parlement, asook die tuiste van die goewerneur-generaal en eerste minister. Omdat dit voorheen 'n Franse en toe Britse kolonie was, is Kanada lid van La Francophonie en die Britse Statebond. Engels en Frans is die amptelike tale (sien ook die artikels Kanadese Engels en Kanadese Frans).
Kanada is 'n moderne en tegnologies gevorderde land, en is grootliks self-ondersteunend as gevolg van groot reserwes fossielbrandstowwe, kernkrag- en hidro-elektriese kragopwekking. Die ekonomie is tradisioneel afhanklik van 'n groot oorvloed natuurlike hulpbronne en handel met die Verenigde State van Amerika. Alhoewel die huidige Kanadese ekonomie wyd uiteenlopend geword het, bly die benutting van natuurlike hulpbronne 'n belangrike dryfkrag van baie plaaslike nywerhede.
Van vóór die Konfederasie af het Kanada onder die beginsels van "vrede, orde en goeie regering" opgetree.[11] Die nasionale identiteit van Kanada fokus sedert die 19de eeu onder meer op die ideaal van 'n Peaceable Kingdom ("Vreedsame of Vredeliewende Koninkryk") wat Kanadese na bewering in Noord-Amerika geskep het.[12]