Kapmes

'n Kapmes lê op sy skede.

'n Kapmes is 'n groot mesvormige stuk gereedskap met 'n lem wat 50–60 cm lank is, maar korter weergawes word ook gevind. Die kapmes word normaalweg gebruik om deur dik plantegroei soos suikerriet te kap. Hoewel dit primêr 'n landbouwerktuig is, word dit ook in sommige dele van die wêreld as wapen ingespan.


Developed by StudentB