Kepler-20 | ||||
Kepler-20e en 20f in vergelyking met die Aarde en Venus. | ||||
Sterrebeeld | Lier | |||
Spektraaltipe | G8 | |||
Soort | Hoofreeksster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 19h 10m 47,524s | |||
Deklinasie | +42° 20′ 19,30″ | |||
Skynmagnitude (m) | 12,51 | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 0,912 | |||
Radius (R☉) | 0,944 | |||
Ouderdom (jaar) | 8,8 miljard | |||
Temperatuur (K) | 5 466 | |||
Afstand (ligjaar) | 950 | |||
Eienskappe | ||||
Planete | 5 | |||
Ander name | ||||
KOI-070, KIC-6850504, 2MASSJ19104752+4220194 | ||||
|
Kepler-20 is ’n ster sowat 950 ligjare van die Aarde af[1] in die sterrebeeld Lier. Dit het ’n stelsel van vyf bevestigde planete.[2] Die skynbare helderheid van die ster is 12,51 en dit kan dus nie met die blote oog gesien word nie. Dit is effens kleiner as die Son, met ’n radius van 94% en ’n massa van 91% dié van die Son. Die effektiewe temperatuur van sy fotosfeer is teen 5 466 kelvin effens koeler as dié van die Son. Dit is egter ook ’n geel dwerg van spektraaltipe G8.[3]
In 2011 was dit nog nie bekend of dit ’n hoofreeksster is nie. Sy metaalinhoud is waarskynlik dieselfde as die Son s’n. Dit kan ouer as die Son wees, maar die foutgrens is taamlik groot.[4]
<ref>
tag; no text was provided for refs named csiro
<ref>
tag; no text was provided for refs named exoplanet