Die kerkorganisasie (Middelnederduits: kerke;[1] van Grieks: κυριακόν, kyriakon, "aanbiddingsplek"[2]) is 'n sosiale organisasie van godsdienste.
Die term is (volgens Heinrich Friedrich Jacobson) deur Keltiese Christene vanaf Groot-Brittanje na Sentraal-Europa saamgebring[1] of tydens die Konstantynse tydperk in die Christendom van die Romeinse stede (Metz, Trier, Keulen) opgeneem.[2] Dit verwys sedertdien veral na godsdienstige gemeenskappe van 'n Christelike Konfessie. Die Ekklesia, die geloofsgemeenskap van die Christene, is in verskillende kerke georganiseer.
Van die vernaamste kerke sluit in Anglikaanse Kerk, Apostoliese Kerke, Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae (Mormone), Kerk van Sciëntologie (Sciëntologie), Oosters-Ortodokse Kerk en Rooms-Katolieke Kerk.