Kerkkraai | |
---|---|
Volwassene afgeneem in Rusland en die roep opgeneem in Estland | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Coloeus
|
Spesie: | C. monedula
|
Binomiale naam | |
Coloeus monedula | |
heeljaar aanwesig | |
Sinonieme | |
Corvus monedula (Linnaeus, 1758) |
Die kerkkraai (Coloeus monedula, Engels: Western jackdaw, Nederlands: kauw) is ’n sangvoël in die familie Corvidae. Hulle kom voor dwarsoor Europa, Wes-Asië en Noord-Afrika. Hulle migreer nie eintlik nie, hoewel noordelike en oostelike bevolkings in die winter suid migreer. Vier subspesies word erken wat kan verskil wat die kleur van die vere aan die kop en agternek betref. Linnaeus het die spesie eerste amptelik beskryf en dit die naam Corvus monedula gegee.
Kerkkraaie is 34-39 cm lank. Hulle het swart vere, ’n grys agternek en kenmerkende vaalgrys irisse. Hulle gesels graag en word in klein groepe met ’n ingewikkelde sosiale struktuur aangetref in plaasstreke, oop struikgebiede, aan kranse aan die kus en in stede. Nes hul verwante is kerkkraaie intelligent; hulle is al gesien waar hulle gereedskap gebruik. Hulle is omnivore en eet ’n groot verskeidenheid plante en ongewerweldes, sowel as oorskietkos in stedelike gebiede. Kerkkraaie is monogaam en bou eenvoudige neste van stokkies in bome en aan kranse en geboue. Hulle lê sowat vyf vaalblou of blougroen eiers met bruin spikkels op ’n slag wat deur die wyfies uitgebroei word.
{{cite web}}
: Ongeldige |ref=harv
(hulp)