Kirgisies кыргызча, قىرعىزچا, kyrgyzcha of кыргыз тили, قىرعىز تىلى, kyrgyz tili | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [qɯɾʁɯzˈtʃɑ] of [qɯɾˈʁɯz tiˈli] | |
Gepraat in: | Kirgisië Afghanistan Tadjikistan Oesbekistan Pakistan Volksrepubliek China | |
Gebied: | Sentraal-Asië | |
Totale sprekers: | 4,6 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Altaïes Turkies Kipchak Kipchak-Nogay Kirgisies | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet Cyrilliese alfabet Arabiese alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Kirgisië | |
Gereguleer deur: | Kirgisiese taalagentskap | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | ky
| |
ISO 639-2: | kir
| |
ISO 639-3: | kir
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Kirgisies (кыргызча, قىرعىزچا, kyrgyzcha, [qɯɾʁɯzʧɑ] of кыргыз тили, قىرعىز تىلى, kyrgyz tili, [qɯɾʁɯz tili]) is 'n Turkiese taal wat deur sowat 4,6 miljoen mense in Kirgisië, Afganistan, Tadjikistan, Oesbekistan, Pakistan en die Volksrepubliek China gepraat word. Dit is die vyfde mees algemene taal van Sentraal-Asië naas Oesbekies, Kasaks, Tadjiks en Turkmeens asook die sewende mees gesproke Turkiese taal naas Turks, Azerbeidjans, Oesbekies, Kasaks, Oeigoers en Turkmeens. Kirgisies is die amptelike taal van die Republiek Kirgisië en verwant aan Kasaks en Karakalpaks.
Kirgisies word amptelik met 'n aangepaste Cyrilliese alfabet geskryf, maar op die internet word ook 'n variant van die Latynse alfabet gebruik. In Afganistan en die Volksrepubliek China word 'n aangepaste Arabiese alfabet gebruik.
Na die verbrokkeling van die Sowjetunie (aan die begin van die 1990's) het die regerings van die Sentraal-Asiatiese lande met Turkiese tale op die amptelike gebruik van die nuwe Turks-Latynse alfabet besluit. Vir Kirgisies en Kasaks het 'n kommissie 'n gemeenskaplike alfabet uitgewerk.[2]
Deesdae is Russies steeds die belangrikste taal in die groot stede, soos Bisjkek, terwyl Kirgisies sy waarde en invloed veral onder die jongmense verloor.[3]