Kirke | |
---|---|
Griekse godin | |
Woonplek | Aiaia |
Metgesel | Odusseus, Telemachos |
Ouers | Helios en óf Perse óf Hekate |
Kinders | Latinos, Telegonos, Romos, Ardeas |
Kirke (Grieks: Κίρκη) is in die Griekse mitologie ’n godin en towenares.[1] Sy is die dogter van die god Helios en óf die Okeanied Perse óf die godin Hekate. Kirke was bekend vir haar groot kennis van towerdrankies en kruie. Met behulp daarvan en van ’n towerstaf kon sy haar vyande transformeer, of dié wat haar te na kom in diere verander.