Klawers | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Tribus: | |
Subtribus: | |
Genus: | Trifolium |
Sinonieme | |
|
Die naam klawers verwys na ’n groep plante wat tot die genus Trifolium van die vlinderblommige plante (familie Fabaceae of Papilionaceae) behoort. Die rooi, geel of wit blomme van hierdie genus is in 'n trosvormige bloeiwyse om die bloeisteel gerangskik. Spesies van klawers wat wild in die natuur groei, word in bykans alle wêrelddele, met uitsondering van Australië, aangetref. Verskillende klawerspesies word vandag as groenbemesting gebruik. Die klawerspesies wat deesdae as voergewasse gekweek word, is waarskynlik uit Suidoos-Europa en Klein-Asië afkomstig. Klawersade is ryk aan proteïene en minerale.