Klei is 'n natuurlike materiaal wat uit uiters klein deeltjies bestaan. Dit is 'n verwerings- of erosieproduk wat as sediment deur water vervoer word. Materiaal wat fyner as 4 μm is, word gewoonlik deur boukundiges en grondspesialiste klei genoem. Kleimineraloë gebruik 2 μm as grens.
Klei bestaan gewoonlik uit kleiminerale. Hulle is gehidrateerde aluminiumsilikate wat soms ook ione van alkali- en aardalkalimetale en yster bevat.[1]