Kleinfontein

Kleinfontein is 'n jong nedersetting naby Pretoria, Suid-Afrika, waarvan die inwoners deur hul aandeelhouer-reëls tot Afrikaanssprekende Christene beperk word. Kleinfontein-plaas is in 1992 aangekoop en is sedert die middel 1990s ontwikkel as 'n Afrikaner-enklawe met 'n beperkte ekonomie. Alhoewel dit 'n plaas met woonhuise eerder as 'n dorpsgebied is, het dit teen 2017 reeds 'n inwonertal van 1 200 mense en 'n laerskool gehad. Orania word as hul sustersdorp beskou.


Developed by StudentB