Die Kola-skiereiland (Russies: Ко́льский полуо́стров, Kolski poloe-ostrof; Fins: Kuolan niemimaa; Noors: Kolahalvøya) is in die noorde van Europese Rusland, oos van Finland, geleë. Dit grens in die noorde aan die Barentssee en in die suide en ooste aan die Witsee. Die skiereiland maak die grootste deel van die Moermansk-oblast uit[1][2] en die bekendste stad is Moermansk, met ’n bevolking van meer as 300 000 volgens die Russiese sensus van 2010.[3] Dit lê feitlik geheel en al in die Arktiese Sirkel en word soms tot die Lapland-gebied gereken.