Konfusius 孔子 | |
Gebore | 551 v.C. Zou, Lu-staat |
---|---|
Oorlede | 479 v.C. (op 71–72) Lu-staat |
Nasionaliteit | Chinees |
Vakgebied | Morele filosofie, sosiale filosofie, etiek |
Bekend vir | Stigter van Konfusianisme |
Beïnvloed deur | I Ching, Boek van Rites |
Invloed op | Baie Chinese filosowe, veral Mengzi, Xun Zi, die Neotaoiste en die Neokonfusianisme; François Quesnay; Christian Wolff; Robert Cummings Neville; Ezra Pound |
Konfusius of Confusius (Chinees: 孔子, letterlik vertaal: "Heer Kong"; volgens oorlewering 551 v.C. - 479 v.C.) is die bekendste Chinese wysgeer. Sy Chinese naam was K'oeng Foe-tsoe wat "meester K'oeng" beteken. Die Katolieke sendelinge wat baie eeue na sy dood in China aangekom het en daar van die merkwaardige man gehoor het, het sy naam verlatyns tot Confucius.
Hy het maatskaplike en morele beginsels verkondig wat ’n groot invloed op die Chinese samelewing en denke gehad het. Hy het ook 'n groot invloed op lande soos Japan, Korea en Viëtnam uitgeoefen.[1]