Die Kopte (Kopties: ⲚⲓⲢⲉⲙ̀ⲛⲭⲏⲙⲓ ̀ⲛ̀Ⲭⲣⲏⲥⲧⲓ̀ⲁⲛⲟⲥ) is 'n etnies-godsdienstige groep inheems aan beide Noord-Afrika en die Midde-Ooste, hoofsaaklik in Egipte, waar hulle die grootste Christelike minderheid en 10% van dié land se bevolking vorm. Daarbenewens vorm Kopte die grootste Christelike minderheid in beide Soedan (1%) en Libië (1%).
Die naam van die Kopte is afgelei van die Griekse naam vir Egiptenaars (Αἰγύπτιος Aigýptios) en verwys veral ná aanhangers van die Kopties-Ortodokse Kerk. In die Romeinse, Bisantynse en die vroeë Islamitiese tydperk in Egipte is die term apart van godsdienstelike betekenisse gebruik en het ná die bevolking van beide Alexandrië en Egipte verwys.
Die taal van die Kopte, Kopties, het in die 3de eeu n.C. uit Egipties ontstaan en het as gevolg van die toenemende gebruik van Arabies byna uitgesterf. Tans word Kopties hoofsaaklik as liturgiese taal gebruik en is in proses van herlewing. In Egipte, Soedan en Libië praat Kopte in hul alledaagse lewe veral Arabies en in die diasporaEngels en ander tale.
↑(en) "?". United Copts of Great Britain. 29 Oktober 2008. Besoek op 27 Augustus 2010.
↑"?" (in Arabies). العربية.نت. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020. Besoek op 27 Augustus 2010.
↑"Sudan : Copts" (in Engels). Minority Rights Group International, World Directory of Minorities and Indigenous Peoples. 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Oktober 2012. Besoek op 21 Februarie 2016.