Kopties ⲘⲉⲧⲢⲉⲙ̀ⲛⲭⲏⲙⲓ, Μετ Ρεμνχημι Mad.Rmenkami | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Egipte Kanada Australië Verenigde State | |
Totale sprekers: | uitgesterf[1] | |
Taalfamilie: | Afro-Asiaties Egipties Kopties | |
Skrifstelsel: | Koptiese alfabet | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | cop
| |
ISO 639-3: | cop
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Die Koptiese taal (Bohairies: ⲙⲉⲧⲣⲉⲙ̀ⲛⲭⲏⲙⲓ met.rem.ən.khēmi, Sahidies: ⲙⲛⲧⲣⲙⲛⲕⲏⲙⲉ mənt.rəm.ən.kēme, Grieks: Μετ Ρεμνχημι Met Rem(e)nkhēmi) het regstreeks ontwikkel uit die Egiptiese taal, 'n selfstandige tak van die Afro-Asiatiese tale wat in hiërogliewe en die Hieratiese en Demotiese alfabette geskryf is. Die Koptiese alfabet is 'n gemodifiseerde vorm van die Griekse alfabet, waarby sommige letters - afhanklik van die verskillende dialekte - uit die Demotiese skrif ontwikkel is. Kopties het geleidelik ook elemente van ander tale oorgeneem.
Die bloeitydperk van Kopties was in die tydperk tussen 200 en 1100. Die laaste historiese verwysings na 'n Koptiese omgangstaal dateer uit die 17de eeu. Kopties dien nog steeds as die liturgiese taal van die Kopties-Ortodokse Kerk.