Kornies Kernowek, Kernewek | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [kəɾˈnuːək], [kɛɾˈnɛwɛk] | |
Gepraat in: | Verenigde Koninkryk | |
Gebied: | Cornwall | |
Totale sprekers: | ~ 2 000 sprekers wat die taal in alledaagse omstandighede vlot kan praat[1] | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Kelties Eiland-kelties Britonies Kornies | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet (Korniese variant) | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Nie 'n amptelike taal nie; maar as 'n minderheidstaal erken in die Verenigde Koninkryk | |
Gereguleer deur: | Keskowethyans an Taves Kernewek ("Korniese taalvennootskap") | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | kw
| |
ISO 639-2: | cor
| |
ISO 639-3: | cor
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Die Korniese taal (Kornies: Kernowek of Kernewek) behoort saam met Wallies en Bretons tot die Britonse groep van die Keltiese tale en word tot sowat 1780 (die jaar waarin die laaste moedertaalspreker van Kornies, Dolly Pentreath, oorlede is) in Cornwall as 'n gemeenskapstaal gepraat.
Van sy basiese woordeskat stem sowat 80 persent met Bretons, 75 persent met Wallies, 35 persent met Iers-Gaelies en 35 persent met Skots-Gaelies ooreen.
In die eerste helfte van die twintigste eeu begin die "Old-Cornwall"-beweging weer belangstelling vir die ou Korniese taal wek. Met die eeuwending is daar weer enkele honderd mense wat die taal min of meer kan praat en skryf, en sowat 3 500 mense het 'n basiese begrip van Kornies. In teenstelling met die ander keltiese groepe in die Verenigde Koninkryk geniet die sprekers van Kornies egter geen minderheidstatus nie. Wél is daar 'n plaaslike beweging (Mebyon Kernow, die Seuns van Cornwall) wat 'n eie nasionale bewussyn wil bevorder.