Korsmos is ’n simbiotiese organisme wat ontstaan uit ’n bakterie of alg en nog een of meer fotosintetiese organismes. Al die elemente bestaan dus saam in ’n wedersyds voordelige verhouding.[1][2][3] Die hele saamgestelde lewensvorm het eienskappe wat verskil van die eienskappe van die afsonderlike elemente. Korsmos kom in baie kleure, groottes en vorms voor. Die eienskappe is ietwat plantagtig, maar korsmos is nie plante nie. Hulle kan lyk soos ’n klein, blaarlose, vertakkende struik (frutikose); asof dit blare het (foliose); of soos ’n verfkors op ’n oppervlak (krustose),[4][5] of dit kan ’n ander groeivorm hê.[6] ’n Makrokorsmos is óf bos- óf blaaragtig. Die ander word mikrokorsmos genoem.[1] Hier verwys "makro" en "mikro" nie na die grootte nie, maar na die groeivorm.[1]
Korsmos kan soos mos lyk en name hê wat op "mos" eindig, soos Yslandse mos, maar dit kan misleidend wees omdat korsmos nie ’n mos is nie en ook nie verwant is aan mos of enige ander plant nie.[3] Korsmos is nie parasiete op die plante waarop hulle groei nie, maar vervaardig hul eie voedsel van sonlig, lug, water en minerale in hul omgewing.
Korsmosse (Lichenes) is nie selfstandige organismes nie, maar die kleurryke resultaat van ʼn verreikende simbiose tussen ʼn swam en 'n alg. Dit skei sure al wat selfs die onvrugbaarste grond aantas om sodoende voedingstowwe daaruit te verkry. Daarom kan korsmosse op plekke groei waar geen ander organisme hom kan verlig nie. Die meeste spesies is baie gevoelig vir lugbesoedeling.