Kraftwerk | |
---|---|
Agtergrondinligting | |
Oorsprong | Düsseldorf, Duitsland |
Genres | Elektroniese popmusiek, krautrock, avantgarde, dansmusiek, eksperimentele musiek, synthpop |
Instrumente | Stem, vocoder, synclavier, orrel, tubon, viool, elektroniese slagwerk, fluit, bas, tjello, kitaar, slagwerk |
Jare aktief | 1970 — hede |
Etikette | Kling Klang, EMI, Astralwerks, Elektra, Warner Bros., Capitol, Vertigo, Philips |
Assosiasies | Organisation, Neu! |
Webwerf | kraftwerk.com |
Lede | Ralf Hütter Fritz Hilpert Henning Schmitz Stefan Pfaffe |
Gewese lede | Florian Schneider Houschäng Néjadepour Plato Kostic-Riviera Peter Schmidt Charly Weiss Thomas Lohmann Eberhard Kranemann Andreas Hohmann Klaus Dinger Michael Rother Emil Schult Wolfgang Flür Klaus Röder Karl Bartos Fernando Abrantes |
Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)
Kraftwerk (Duits: "kragsentrale") is 'n Duitse musiekprojek en musiekgroep wat deur Ralf Hütter (* 1946) en Florian Schneider (1947−2020) in 1970 in Düsseldorf gestig en steeds aktief is.
Kraftwerk het danksy sy baanbrekerswerk op die gebied van elektroniese popmusiek internasionale bekendheid verwerf en in die 1970's en vroeë 1980's belangrike invloed op musiekstyle soos synthie-pop, electro-funk of Detroit Techno uitgeoefen. Die Amerikaanse dagblad New York Times het na die groep in 1997 as die "Beatles van elektroniese dansmusiek" verwys.[1]
In sy musiek verbind Kraftwerk drywende, herhalende ritmes met pakkende melodieë en 'n minimalistiese, suiwer elektroniese instrumentalisasie. Die groep se eenvoudige lirieke word soms deur 'n vocoder voorgedra of deur teks-tot-spraaksagteware gegenereer.