Kragopwekking

Kragopwekking is die proses waardeur elektrisiteit opgewek word uit ander vorme van energie.

Die fundamentele beginsels van kragopwekking is ontdek tydens die 1820's en vroeë 1830's deur die Britse wetenskaplike Michael Faraday. Sy vernaamste metode word steeds vandag gebruik: elektrisiteit word gegenereer deur die beweging van 'n spoel koperdraad, of skyf tussen die pole van 'n magneet.[1]

Dit is ook die eerste stap vir die lewering van elektrisiteit na verbruikers. Die ander prosesse, kraggeleiding, kragverspreiding, bewaring en herwinning daarvan deur pomp-opgaarskemas, word ook normaalweg deur die elektrisiteitsvoorsieningsindustrieë verskaf.

Elektrisiteit word in die meeste gevalle by 'n kragsentrale deur elektro-meganiese generators opgewek, hoofsaaklik gedryf deur 'n hitte-enjin wat gestook word deur chemiese verbranding of kernsplyting, asook alternatiewe bronne soos kinetiese energie vanaf vloeiende water en wind. Daar bestaan ook 'n verskeidenheid ander tegnologieë wat gebruik word vir die opwekking van elektrisiteit, soos sonpanele en geotermiese krag.

  1. 'The Institution of Engineering & Technology: Michael Faraday'

Developed by StudentB