| |||||
Nasionale leuse: "¡Patria o Muerte, Venceremos![1] (Spaans vir: "Tuisland of die Dood, ons sal oorwin!")a | |||||
Volkslied: La Bayamesa[2] | |||||
Hoofstad | Havana | ||||
Grootste stad | Havana | ||||
Amptelike tale | Spaans | ||||
Regering | Eenparty-Marxisties- Leninistiese sosialistiese republiekb Miguel Díaz-Canel Salvador Valdés Mesa Manuel Marrero Cruz | ||||
Onafhanklikheid • Tienjarige Oorlog
• Onafhanklikheidsoorlog • Erken • Republiek verklaar • Kubaanse Rewolusie • Huidige grondwet |
van Spanje 10 Oktober 1868 24 Februarie 1895 10 Desember 1898 20 Mei 1902 1953–1959 10 April 2019 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
109 884 km2 (104de) 42 426 myl2 0,94 | ||||
Bevolking - 2019-sensus - Digtheid |
11 209 628[3] 102,1 / km2 (114de) 264,4 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2015-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2016-skatting | ||||
MOI (2017) | 0,777[9] (73ste) – hoog | ||||
Gini (2000) | 38,0[10] – medium | ||||
Geldeenheid | Peso (CUP) Omskakelbare Pesoc ( CUC )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
KST (UTC-5) KDT (UTC-4) | ||||
Internet-TLD | .cu | ||||
Skakelkode | +53 | ||||
a Soos vertoon op die rugkant van die 1992 munt[11] (let daarop dat die Spaanse woord "Patria" eerder na "Tuisland" as "Vader-" of "Moederland" vertaal behoort te word). b[12] stel dat "Kuba is 'n onafhanklike en soewereine sosialistiese staat [Artikel 1]... die naam van die Kubaanse staat is Republiek Kuba [Artikel 2]". Die gebruik van "sosialistiese republiek" om die regeringsvorm van Kuba aan te dui is byna eenvormig, maar regeringsvorms het nie 'n ooreengekome topologie nie. Byvoorbeeld, Atlapedia[13] beskryf dit as "Unitary Socialist Republic"; Encyclopædia Britannica[14] laat die woord "unitary", soos meeste ander bronne, weg. c Van 1993 tot 2004, is die VSA-dollar benewens die peso gebruik totdat die dollar vervang is met die omskakelbare peso. |
Kuba (Spaans: Cuba, [ˈkuβa]), amptelik die Republiek Kuba (Spaans: República de Cuba, [re'puβlika ðe ˈkuβa]), is 'n eilandstaat in die Amerikas en bestaan uit Kubaeiland, die grootste van die Groot-Antille, die Isla de la Juventud en 'n aantal kleiner nabygeleë eilandjies. Kuba is in die noordelike deel van die Karibiese gebied geleë naby die samekoms van die Karibiese See, die Golf van Meksiko en die Atlantiese Oseaan. Kuba is suid van die Verenigde State en die Bahamas, wes van die Turks- en Caicoseilande en Haïti en oos van Meksiko waarvan dit deur die Straat van Yucatán geskei word. Die Kaaimanseilande en Jamaika is suid van Kuba geleë.
Kuba is die land met die grootste bevolking in die Karibiese Eilande. Die land se kultuur en gebruike is afkomstig uit verskeie bronne insluitend die oorspronklike Taíno en Ciboney bewoners, die Spaanse koloniale tydperk, slawe uit Afrika en die nabygeleë Verenigde State. Die eiland het 'n tropiese klimaat wat as gevolg van die omliggende see redelik matig is. Die warm water van die Karibiese See en die eiland se ligging voor die Golf van Meksiko maak Kuba kwesbaar tot gereelde orkane.
Kuba is aan die einde van die 15de eeu deur Spanje ontdek en gekoloniseer. In teenstelling met die res van Spaans-Suid-Amerika, wou Spanje Kuba in die 19de eeu as 'n kolonie behou en bereik dit eers in 1902 na ingryping van die Verenigde State ná die Spaans-Amerikaanse Oorlog sy onafhanklikheid. Vandag is die land amptelik 'n sosialistiese staat en word sedert 2018 deur Miguel Díaz-Canel geregeer. Die hoofstad is Havana en die amptelike taal is Spaans.