'n Kuras of bors- en rugharnas, is saam met die helm een van die oudste militêre uitrustings en is onder meer deur kurassiere gedra. Die rede hiervoor is eenvoudig: in teenstelling tot verwondings aan arms en bene, wat in die Klassieke Oudheid net soos in die moderne tyd meestal maklik genees het, was verwondings waar die liggaamsholte deurboor is gewoonlik dodelik. Teenswoordig is die tipe verwondings nog steeds baie ernstig, veral vanweë die kans op infeksies. Die woord "kuras" is vernoem na die oorspronklike materiaal waarvan dit gemaak is (leer) en is afkomstig van die Latynse "coriacea" en Franse "cuirace". Die gebruik van die term "kuras" verwys gewoonlik na beide die borsplaat (-harnas) en rugkant. Terwyl 'n borsharnas slegs die voorkant beskerm, en 'n rugharnas slegs die rug, beskerm 'n kuras beide die voor- en agterkant.
Developed by StudentB