Vlag |
Wapen |
Oppervlak | 94 361 vk km |
Bevolking (2011) | 10 267 300[1] |
Bevolking (2017) | 11 060 000 |
Bevolkingsdigtheid | 110 / vk km
|
Tale[1] | Zoeloe (77,8%), Engels (13,2%), Xhosa (3,4%), Afrikaans (1,6%)
|
Etniese verdeling[1] | Swart mense (86,8%), Asiërs (7,4%), Wit mense (4,2%), Bruin mense (1,4%) |
Hoofstad | Pietermaritzburg (1994–) Ulundi (1994–2004) |
Premier | Thami Ntuli (IVP) |
Webwerf | www |
KwaZulu-Natal of KwaZoeloe-Natal (uitgespreek /kwɑːˌzuːluː nəˈtɑːl/) is een van die nege provinsies van Suid-Afrika. Die hoofstad is Pietermaritzburg en Durban is die grootste stad.
Die provinsie se binneland noord van die Tugelarivier, die hartland van die Zoeloe-koninkryk, het historiese bekendheid verwerf as die brandpunt van bloedige konflikte. Op sy slagvelde het Boerepioniers (Voortrekkers) en Britse soldate in die 19de eeu teen Zoeloekrygers geveg voordat die twee blanke volksgroepe teen mekaar oorlog gevoer het. Vandag neem georganiseerde toere toeriste na die historiese slagvelde.
Die Zoeloe-koninkryk, sy stigter Shaka en sy gevreesde krygers het die verbeelding van Europeërs aangegryp sedert die eerste blanke sendelinge hul werk hier begin het. Terwyl Zoeloes lankal deel geword het van Suid-Afrika se hoofstroom-samelewing, kan historiese museumdorpe soos dié van die oorspronklike Zoeloehoofstad Ondini met sy tradisionele byekorfhutte of Shakaland, die groot toeriste-aantreklikheid naby Eshowe, besigtig word.
Na die gebied suid van die Tugelarivier is teen die middel van die 19de eeu danksy die groot getal Britse immigrante as Witmansland verwys. Hier het Engelse setlaars van die diepste spore in Suid-Afrika gelaat. Toeriste mag in die koloniale leefstyl deel tydens akkommodasie in een van die streek se country houses wat intussen tot hotelle omgeskep is. Die Midlands-streek word deur golwende heuwellandskappe gekenmerk – met vrugbare boerderystreke, suikerplantasies, poloklubs en stylvolle kunsroetes.