Die Lapitakultuur is die naam wat gegee is aan die prehistorieseAustronesiese volk wat bewyse van hulle bestaan op verskeie Pasifiese eilande agtergelaat het[1] in die vorm van erdewerk van omstreeks 1600-500 v.C. Sommige argeoloë glo die Lapita is die voorouers van historiese kulture in Polinesië, Mikronesië en sommige kusstreke van Melanesië. Ander glo dit is twee aparte kulture wat binne gedeelde gebiede ontwikkel het. Die histories herkenbare eienskappe van die Lapitakultuur is 'n eiesoortige geometriese ontwerp wat met getande stempels op erdewerk aangebring is.[2][3]