Leninisme is die vergestalting van 'n politieke teorie wat ontwikkel is, en vernoem is na die Russiese rewolusionêr, en later die Sowjetse premer, Wladimir Lenin. Die doel hiervan was vir die stig van 'n demokratiese organisasie vir die rewolusionêre baanbreker party. Volgens Lenin was die einddoel van die baanbreker party om 'n diktatorskap van die proletariaat met die hulp van die werkersklas in Rusland te vestig. Wanneer die regeerders van die burgerstand vervang word met die werkersklas word die pefekte geleentheid geskep vir die volledige ontwikkeling na sosialisme. Leninisme bestaan uit sosialisties- politieke en ekonomiese teorieë wat uit Marxisme ontwikkel het, sowel as Lenin se vertolking van die Marxistiese teorieë vir die praktiese toepassing op die sosio-politieke omstandighede van die landelike Russiese Ryk van die vroeë twintigste eeu. In Februarie 1917 was Leninisme vir vyf jaar lank die Russiese toepassing van Marxisme se ekonomiese- en politieke filosofie wat deur die Bolsjewiste ontwerp en uitgevoer is. Die Bolsjewiste was die baanbrekerparty wat leiding geneem het in die stryd vir die politieke vryheid van die werkersklas in Rusland.
Funksioneel moes Lenin se baanbreker party aan die werkersklas politieke bewusmaking (opvoeding en organisasie) en rewolusionêre leierskap bied wat nodig was om kapitalisme in die Russiese Ryk omver te werp. Ná die Russiese Rewolusie (1917), het Leninisme die dominante weergawe van Marxisme in Rusland geword. Die Bolsjewiste was beskou as die enigste ware vorm van Marxisme en alle vorme van anti-Leninistiese Marxisme, soos die geval met die Mensjewiste en ander faksies van die Sowjet revolusionêres, is die faksies op 'n gewelddadige wyse vervolg. Die Russiese Burgeroorlog het uit verskeie linksgesinde opstande teen die Bolsjewiste bestaan, maar dié opstande is verslaan en Leninisme het die amptelike staatsideologie van die Sowjet demokrasie in die Russiese Sosialistiese Federale Sowjetrepubliek geword voor die eenheids-samesmelting van die Sowjetunie in 1922. In die post-Leninistiese Rusland van 1925–1929 het Josef Stalin die aanvaarding van Leninisme as die enigste legitieme vorm van Marxisme weereens bekragtig deur dit as die enigste ondeelbare entiteit genaamd Marxisme-Leninisme te verklaar. Dit het toe die staatsideologie van die Sowjetunie geword.