Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Volksrepubliek China |
Distrik | Tibet |
Koördinate | 29°39′N 91°06′O / 29.650°N 91.100°O |
Stigting | 637 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 29 274 vk km |
Hoogte bo seevlak | 3 490 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2015) | 902 500 |
- Bevolkingsdigtheid | 30,8 vk/km |
- Metropolitaanse gebied | 1 100 123 |
Tydsone | UTC+8 |
Burgemeester | Che Dalha |
Amptelike webwerf | lasa.gov.cn |
Lhasa (Tibettaans: ལྷ་ས་གྲོང་ཁྱིར།, Transkripsie: Lhasa Chongkyir, [l̥ásə] of [l̥ɜ́ːsə], letterlik: "plek van die Gode"; Vereenvoudigde Chinees: 拉萨; Tradisionele Chinees: 拉薩; pinyin: Lāsà; dikwels ook Lasa) is die hoofstad en grootste stad van Tibet, 'n outonome gebied van die Volksrepubliek China.
Lhasa het 'n bevolking van 902 500 in 2015 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 29 274 km². Lhasa is net noord van die Himalaja aan die Brahmaputra se boloop geleë. Sowat 81,6% van die bevolking is Tibettane, gevolg deur 17% Han-Chinese.