Litaus lietuvių kalba | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Litaue Belarus Letland Pole Rusland | |
Gebied: | Baltiese lande | |
Totale sprekers: | 3,2 tot 4 miljoen (2,9 miljoen in Litaue) [1] | |
Rang: | 144 | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Balties Oos-Balties Litaus | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Europese Unie Litaue | |
Gereguleer deur: | Staatskommissie van die Litause taal (Valstybinė lietuvių kalbos komisija) | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | lt | |
ISO 639-2: | lit | |
ISO 639-3: | lit | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Litaus (lietuvių kalba) behoort saam met Lets tot die oostelike of sentrale groep van die Baltiese taalfamilie (alhoewel die twee tale wedersyds nouliks verstaanbaar is). Dit is die amptelike taal van Litaue en, sedert Litaue se aansluiting op 1 Mei 2004, ook een van die amptelike tale van die Europese Unie. Litaus word deur ongeveer vier miljoen moedertaalsprekers gepraat, waarvan 2,9 miljoen in Litaue.
Litaus is van groot belang vir die taalkunde vanweë sy behoudende karakter. So word dit as die mees argaïese van alle lewende Indo-Europese tale beskou wat naaste verwant is aan Proto-Indo-Europees. Volgens die sogenaamde Balto-Slawiese hipotese het 'n Balto-Slawiese prototaal uit Proto-Indo-Europees ontwikkel wat as gemeenskaplike voorloper van die Baltiese en Slawiese taalfamilies beskou word. Albei families behoort tot die Satem-tale binne die Indo-Europese taalgroep.