Lood

82 talliumloodbismut
Sn

Pb

Fl
Algemeen
Naam, simbool, getal lood, Pb, 82
Chemiese reeks Hoofgroepmetale
Groep, periode, blok 14, 6, p
Voorkoms silwerige glansende grys
Atoommassa 207.2 (7) g/mol
Elektronkonfigurasie [Kr] 4f14 5d10 6s2 6p2
Elektrone per skil 2, 8, 18, 32, 18, 4
Fisiese eienskappe
Toestand vastestof
Digtheid (naby k.t.) (wit) 11,34 g/cm³
Digtheid (naby k.t.) (grys) g/cm³
Vloeistof digtheid teen s.p. 10,66 g/cm³
Smeltpunt 600,61 K
(327,46 °C)
Kookpunt 2022 K
(1749 °C)
Smeltingswarmte (wit) 4,77 kJ/mol
Verdampingswarmte (wit) 179,5 kJ/mol
Warmtekapasiteit (25 °C) (wit)
26,650 J/(mol·K)
Dampdruk
P/Pa 1 10 100 1 k 10 k 100 k
teen T/K 978 1088 1229 1412 1660 2027
Atoomeienskappe
Kristalstruktuur kubies vlakgesentreerd
Ruimtegroep Fm3m  nommer: 225
Strukturbericht-kode A1
Oksidasietoestande 4, 2
(amfoteriese oksied)
Elektronegatiwiteit 2,33 (Skaal van Pauling)
Ionisasie-energieë 1ste: 715,6 kJ/mol
2de: 1450,5 kJ/mol
3de: 3081,5 kJ/mol
Atoomradius pm
Atoomradius (ber.) 175 pm
Kovalente radius 146±5 pm
Van der Waals-radius 202 pm
Diverse
Magnetiese rangskikking geen data
Elektriese weerstand (0 °C) 208 nΩ·m
Termiese geleidingsvermoë (300 K) 35,3 W/(m·K)
Termiese uitsetting (25 °C) 28,9 µm/(m·K)
Spoed van klank (dun staaf) (k.t.) (gerol) m/s
Young se modulus 16 GPa
Skuifmodulus 5,6 GPa
Massamodulus 46 GPa
Poissonverhouding 0,44
Mohs se hardheid 1,5
Brinell hardheid 38,3 MPa
CAS-registernommer 7439-92-1
Vernaamste isotope
Isotope van Lood
iso NV halfleeftyd VM VE (MeV) VP
204Pb 1.4% Pb is stabiel met 62 neutrone
205Pb syn Pb is stabiel met 64 neutrone
206Pb 24.1% Pb is stabiel met 124 neutrone
207Pb 22.1% Pb is stabiel met 125 neutrone
208Pb 52.4% Pb is stabiel met 126 neutrone
210Pb trace Pb is stabiel met 68 neutrone
Portaal Chemie

Lood (Pb, afkorting vir die Latyn "plumbum", vanaf "plumbus") is 'n digte, sagte en hoogs smeebare metaal en het 'n blou-wit kleur. Dit het 'n atoomgetal van 82 en 'n massagetal van 207,2. Lood is ook giftig. Lood is in groep 14 en in periode 6 van die periodieke tabel.

Lood se smeltpunt is by 600,61K (327,46°C) en die kookpunt is 2 022 K (1 749 °C). Die digtheid is 11,34 g·cm3 op 293K (20 °C). Lood se hittekapasiteit is 26.650  J·mol−1·K−1 (25 °C). Lood is een van die oudste metale wat aan die mens bekend is.

Dit is vandag nog een van die metale wat die meeste gebruik word. Lood se nut word verklaar deur sy eienskappe, waarvan die belangrikstes die sagtheid, lae smeltpunt, groot digtheid en korrosiebestandheid is. Die belangrikste looderts is galeniet (PbS), wat meestal vermeng met ander waardevolle ertse aangetref word. Lood se groot nadeel is dat die metaal en sy verbindings giftig is.

Dit is gevaarlik om lood te smelt of in ʼn swak geventileerde lokaal daarmee te soldeer, omdat die lood- en loodoksieddampe ingeasem kan word. Dit kan lei tot metaaldampkoors, 'n gevaarlike en akute vergiftiging, omdat sowel loodmetaal as loodverbindings swak oplosbaar is in water en moeilik deur die dermkanaal opgeneem sal word.

Voortdurende kontak met lood veroorsaak egter dat die konsentrasie van die metaal in die liggaam opbou, totdat dit 'n moeilik herkenbare, chroniese vergiftiging tot gevolg het. Loodvergiftiging kan met penisillamien behandel word. Tot aan die begin van die 20e eeu was chroniese loodvergiftiging die algemeenste beroepsiekte.

Streng voorkomingsmaatreëls gedurende die bewerking van lood het tot gevolg dat die siekte vandag baie selde voorkom. 'n Nuwe bedreiging het egter ontstaan. Lood is 'n toevoeging tot petrol, en omgewingsbesoedeling deur loodsoute wat van die uitlaatgasse van motors afkomstig is, het 'n faktor geword waarmee rekening gehou moet word.


Developed by StudentB