Macquarie-eiland Inheemse naam: Macquarie Island | |
---|---|
Satellietbeeld van die Macquarie-eiland | |
Geografie | |
Ligging | Suidwestelike Stille Oseaan |
Koördinate | 54°36′S 158°53′O / 54.600°S 158.883°O
|
Hoofeilande | 1 |
Oppervlakte | 128 km² |
Hoogste punt | Mount Hamilton 410 m |
Administrasie | |
Australië | |
Deelstaat | Tasmanië
|
Demografie | |
Bevolking | 0
|
Die Macquarie-eiland (Engels: Macquarie Island) is 'n onbewoonde eiland in die suidwestelike Stille Oseaan, halfpad tussen Antarktika en Nieu-Seeland.[1] Die Macquarie-eiland vorm deel van die Australiese deelstaat Tasmanië en is genoem na Lachlan Macquarie, 'n vroeë goewerneur van Nieu-Suid-Wallis. Dit is nader aan die Nieu-Seeland vasteland geleë as aan die Australiese s'n.
Die Macquarie-eiland is in 1997 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys. Dit is een van die min plekke op aarde waar die oseaankors bo die wateroppervlak gelig is. In die koel en maritieme klimaat groei plante soortgelyk aan dié in die toendra. Noordoos van die Macquarie-eiland is die Subantarktiese eilandgroepe van Nieu-Seeland geleë wat een jaar later ook 'n Unesco-wêrelderfenisgebied geword het en soortgelyke kenmerke toon.