Mantsjoe , manju gisun | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Volksrepubliek China | |
Gebied: | Mantsjoerye | |
Totale sprekers: | 20[1] | |
Taalfamilie: | Altaïes (omstrede) Toengoesies Suidwes-Toengoesies Mantsjoe | |
Skrifstelsel: | Mantsjoe-alfabet (Mongoolse skrif) | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | mnc
| |
ISO 639-3: | mnc
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Mantsjoe (, manju gisun) is 'n Toengoesiese taal wat eens deur die Mantsjoes in Mantsjoerye van die Volksrepubliek China gepraat is. Dit is tans amper uitgestorwe.[2][3][4]
Mantsjoe was een van die amptelike tale van die Qing-dinastie (1644–1912), ook bekend as Mantsjoe-dinastie, in China. Die meeste Mantsjoes praat intussen Mandaryns.[5][6][7] Volgens data van Unesco word Mantsjoe tans deur 10 Mantsjoes as moedertaal gebesig, uit 'n totaal van byna 10 miljoen etniese Mantsjoes. Onlangs het egter baie Mantsjoes begin om die taal aan te leer. Nou kan 'n paar duisend Mantsjoe dit as 'n tweede taal besig te danke aan regeringsonderwys of gratisklasse vir volwassenes in klaskamers of aanlyn.[8][9][10]
Mantsjoe geniet hoë historiese waarde vir historici van China, veral weens die Qing-dinastie. Mantsjoe-tekste verskaf inligting wat nie in Chinees beskikbaar is nie, en wanneer beide Mantsjoe en Chinese weergawes van 'n gegewe teks bestaan, verskaf dit sekerheid om die Chinese eweknie te kan verstaan. Amptelike dokumente is tydens die Qing-dinastie in beide Chinees en Mantsjoe geskryf, en baie geboue uit die Qing-dinastie vertoon Mantsjoe-inskripsies.
Mantsjoe word as 'n dogtertaal van Jurgies beskou en word met die Mantsjoe-alfabet, 'n gewysigde Mongoolse skrif, geskryf. Dit toon in teenstelling met al die ander Toengoesiese tale 'n hoë persentasie van Koreaanse leenwoorde wat op 'n invloed van Koreaans op Jurgies en die vroeë Mantsjoes dui.[11][12] Mantsjoe is nou verwant aan Xibe van Xinjiang en albei tale is onderling verstaanbaar.
{{cite book}}
: |work=
ignored (hulp)
{{cite book}}
: |work=
ignored (hulp)